Ons glo dis van onskatbare waarde om kinders van kleins af ‘n liefde vir God se Woord te gee. Daarom publiseer ons kinderboeke wat Bybel-onderrig in ‘n avontuur omskep, terwyl dit ook hulle ouers en onderwysers baat.
Ons hoogste prioriteit is om getrou te bly aan die letterlike betekenis van die Skrif.
Ons fokus daarop om inkleur- en aktiwiteitsboeke te publiseer wat Bybelse waardes aan ons kinders leer.
Ons omskep Bybellesse in 'n kreatiewe avontuur sodat kinders op hulle eie vlak die Bybel en God se liefde kan ontdek.
Ons boeke is aangepas vir spesifieke ouderdomsgroepe om die Bybel relevant, verstaanbaar en pret vir almal te maak.
Praypaint publiseer inkleur- en aktiwiteitsboeke wat kinders op ‘n pret en skriftuurlike manier van die Bybel leer.
Kopiereg ©2024 deur Praypaint Press. Alle regte voorbehou.