3-6

Jaar

100+

Inkleur Bladsye

Bybel

Verse & Stories

Leer

Spelling & Woorde

Leer van God se Skepping met prettige inkleurprente, woorde en verse uit die Bybel.

Is jy op soek na ‘n inkleurboek wat kinders op ‘n lekker en skriftuurlike manier van die Bybel leer? Dan is jy op die regte plek!

Hierdie 100+ bladsye inkleurboek is propvol diere, voëls, visse, plante en ander wonders van God se skepping. Dit is die perfekte geskenk vir enige kind van 3-6 jaar oud.

Dit is ewe geskik vir die huis of klaskamer. Slaaptyd, stiltetyd, Sondagskooltyd, speeltyd, reistyd, enige tyd — maak elke oomblik ‘n inkleur-avontuur.

Koop jou kopie vandag en laat die Bybel-pret begin!

R170*

* Ook beskikbaar op Amazon.com in $USD.

Lekker Inkleurtemas

Die boek is opgedeel in verskeie inkleurtemas soos diere, visse, plante, en ander dele van God se skepping.

Leerdoelwitte

Hierdie boek is beide opvoedkundig en pret en leer kinders spelwoorde met gebruik van Bybel verse en stories.

Leer van God en Sy Skepping

Elke dag van die skepping is geïllustreer met oulike inkleurprente en verse uit die Bybel.

Leer Woorde en Spelling

Kinders leer hoe die name van vrugte, groente, diere, visse en ander voorwerpe gespel word terwyl hulle inkleur.

Leer Bybel Waardes

Terwyl jou kinders die prente inkleur, leer hulle die wonders van God se Woord ken—terwyl hulle hope pret het!

Skoolgereedheid

Help jou kind om te begin lees en om fyn-motoriese vaardighede te ontwikkel.

Vertrou deur
Opvoedkundiges

Moenie net ons woord vat nie — kyk wat opvoedkundiges oor ons sê.

Realdi Terblanche

Graad 1 Juffrou

As ‘n graad 1 juffrou beveel ek hierdie inkleurboek hoogs aan omdat kinders woordeskat kan leer terwyl hulle inkleur. 

Dit is ook ideaal vir ouers en onderwysers wat saam met hul jong kinders deur God se skeppingsverhaal wil stap.

Alecia Marx

El Sali Kleuterskool

Ons is mal oor hierdie inkleurboek. Dit is die perfekte kombinasie van opvoeding, kreatiwiteit en pret in een boek. Die kwaliteit van die boek is ook baie goed en die bladsye is wit en stewig. 

Dit is ‘n uitstekende boek vir kinders wat pas begin het om inkleur te geniet.

Clair van Eeden

Tuisskool Ouer

Die oulike, eenvoudige prente is ideaal vir my seun om in te kleur, en die hoë kwaliteit papier beteken dat ek nie hoef te bekommer dat ink deur die bladsye gaan bloei nie.  

Ek beveel hierdie reeks sterk aan vir enige ouer wat hul kind se kreatiwiteit wil ontwikkel en hul harte met geloof wil vul.

Boek Besonderhede

Kyk gerus na al die voordele wat jy kry as jy hierdie inkleurboek koop.

Meer oor die
Bybel vir Almal®

Alle skrifaanhalings is uit die ABA, 'n suiwer Bybelvertaling wat ook maklik vir kinders is om te verstaan.

Die Bybel vir Almal is ‘n Afrikaanse vertaling in vereenvoudige Afrikaans. Dit is uit die grondtekste in maklik leesbare Afrikaans vertaal sonder dat enigiets uit die oorspronklike tekste verlore gegaan het.

Daarom is dit ‘n uitstekende vertaling om vir kinders te gee om te lees. Hierdie is waarlik ‘n vertaling vir almal — oud en jonk.

Beskikbare Weergawes

Ons bied hierdie boek in verskeie weergawes aan, afhangende van taal en gebruikersbehoeftes.

KJV Bybel
Uitgawe

Color and Learn
the Bible 1:
The Creation Story
(KJV Edition)

  • Taal: Engels (Amerikaans)
  • Bybelvertaling: King James Weergawe (KJV) 
  • Verkrygbaar: Amazon

Binnekort
Beskikbaar

Amerikaanse
Engels

Color and Learn
the Bible 1:
The Creation Story

  • Taal: Engels (Amerikaans)
  • Bybelvertaling: International Children’s Bible® (ICB)
  • Verkrygbaar: Amazon

Binnekort
Beskikbaar

Britse
Engels

Colour and Learn
the Bible 1:
The Creation Story

  • Taal: Engels (Brits)
  • Bybelvertaling: International Children’s Bible® (ICB)
  • Verkrygbaar: Praypaint.net

Vir
Tuisgebruik
& die Klaskamer

Hierdie boek kan tuis gebruik word of in groepsverwant by die Skool of Sondagskool.

Tuisgebruik

Dis ideaal vir daardie spesial tydjies wanneer Ma en Pa die Bybel met hul kleingoed deel.

Tuisskool

Perfek vir ouers wat hulle kinders tuisskool en vir speelgroepe.

Kleuterskole en Dagsorg

Dit is uitstekend vir onderwysers om te gebruik as 'n visuele hulpbron of groeps-aktiwiteit.

Sondagskool en Kinderkerk

Verander Bybellesse in speeltyd sodat kinders van God leer terwyl hulle pret het.

Kry Jou Kopie Vandag!

Praypaint publiseer inkleur- en aktiwiteitsboeke wat kinders op ‘n pret en skriftuurlike manier van die Bybel leer.

Teken in op ons nuusbrief en kry 'n gratis inkleurboek!


Kopiereg ©2024 deur Praypaint Press. Alle regte voorbehou.